Weerlig slaan man dood tydens storm
2010-01-25 23:04
Durban – ‘n Man is dood nadat hy in Okhukho naby Nongoma in die noorde van KwaZulu-Natal deur weerlig raakgeslaan is.
“Een persoon is dood nadat hy Sondag deur die weerlig raakgeslaan is. Ons het ‘n span uitgestuur om die omvang van die skade wat tydens die storm aangerig is te ontleed,” het Lennox Mabaso, woordvoerder vir die LUR vir tradisionele aangeleenthede, Maandag gesê.
Volgens Mabaso was daar ‘n storm in Vryheid en Olundi. Die departement wag steeds vir ‘n verslag oor die skade wat aangerig is.
– Sapa