Weerlig eis tienermeisie se lewe
2011-11-18 19:12
Durban – ‘n Tienermeisie is dood en ‘n plaaswerker
ernstig beseer toe hulle in Mangosuthu in die noorde van KwaZulu Natal deur
weerlig getref is.
Premier Zweli Mkhize het die 13-jarige meisie
as Ntethelelo Khehla Khaba en die beseerde plaaswerker as Bonginkosi Shongwe
geïdentifiseer.
‘n Kliniek en polisiestasie is tydens
dieselfde donderstorm verwoes.
‘n Woordvoerder vir die premier, Ndabezinhle
Sibiya, sê vensters is gebreek, huise het inmekaargeval en bome is in die storm
ontwortel.
‘n Rampbestuurspan is na die area gestuur om
diegene in nood by te staan.
Mkhize sal die geaffekteerde area Saterdag
besoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA