Weerkantoor waarsku oor nóg storms
2012-07-16 07:30
Kaapstad – Gure weer wat die afgelope naweek regoor die land gewoed het, het miljoene rande se skade in die Wes-, Oos- en Suid-Kaap aangerig en nóg storms word vir die volgende paar dae voorspel.
Edwin Thema, ’n voorspeller by die weerkantoor, het gesê hoewel temperature met twee tot drie grade gedurende die week kan styg, kan die suidelike streke van die land nóg kouefronte te wagte wees.
"Die Drakensberg-gebied sal steeds baie koud wees, terwyl mense wat in die suidelike deel van die land woon, Maandag, Vrydag en die naweek reën en sterk wind kan verwag."
Temperature sal na verwagting Maandag laag wees en Barly-Oos en Jamestown se maksimumtemperatuur sal -5°C wees.
Vyf mense is die afgelope naweek dood weens die sneeu en swaar reën wat dele van die land geteister het. Die provinsies wat die ergste geraak word, is die Oos-, en Wes-Kaap en die Vrystaat, berig die SABC.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter