Webwerf ’n ‘verleentheid vir NG Kerk’

2010-01-28 07:36
Tweets Share Share line Print

Neels Jackson

Pretoria - Die NG Kerk het besluit om alle skakels na die Kletskerk van sy webwerwe te verwyder omdat dié webwerf vir hom ’n verleentheid geword het.

Dit volg op klagtes uit die kerk oor onsmaaklikhede wat op dié internet-gespreksforum verskyn het.

Jean Oosthuizen, redaksielid van die Kerkbode, bedryf die Kletskerk in sy private hoedanigheid. Dis ’n forum waar Christene en ateïste eerlik met mekaar gesels. In die proses word kru uitsprake soms gemaak.

Prof. Piet Strauss, moderator van die algemene sinode, het gister gesê die NG Kerk het homself al vroeër van die Kletskerk losgemaak, maar nou besluit om ook die skakels daarheen van al sy webwerwe te verwyder.

“Ons steun nie die Kletskerk nie,” het hy gesê.

Op Kletskerk self was daar gister al kritiek van mense wat daarop wys dat die NG Kerk vroeër met “ 'n seisoen van luister” begin het, maar nou nie die stemme op Kletskerk wil hoor nie.

Oosthuizen self het op Kletskerk gevra hoe die kritici die woorde van die kerk se luisterlied verstaan. Dit lui onder meer: “Ek wil hulle hoor wat op my buitekring bly staan waar vreemde stemme hul bekoor. Gee my ’n oor vir die soekstem van ons tyd...”

Strauss het gesê die debatte op Kletskerk is op so ’n lae peil dat die NG Kerk nie daarna hoef te luister nie.

Sulke debatte kan volgens Strauss niks vir ’n kerk van die Woord en die kerk van die Here beteken nie.

Daaroor het Oosthuizen gesê as iemand sê die peil van debatte op Kletskerk is laag, is hy duidelik nie op hoogte van wat daar aangaan nie.

Dis juis een van sy frustrasies dat mense Kletskerk kritiseer sonder om regtig te weet wat daar aangaan.

Oosthuizen het toegegee daar verskyn ook “gemors” op Kletskerk, maar het gesê dis maar die aard van ’n webwerf.

Daar is ook debatte van hoë teologiese gehalte waaraan mense met hoë teologiese kwalifikasies deelneem.

Oor Oosthuizen se posisie as werknemer van die NG Kerk het Strauss gesê hy kan voortgaan om die Kletskerk in sy persoonlike hoedanigheid te bedryf.

Hy het egter gesê daar moenie ’n teenstrydigheid wees tussen ’n werknemer van die kerk se optrede na binne en na buite nie.

Dit kan gebeur dat die saak van Oosthuizen se posisie as werknemer op die kerk se agenda beland.

Oosthuizen het gesê nie een kerkleier het nog met hom daaroor gepraat dat sy optrede na binne en na buite in stryd met mekaar sou wees nie.

Hy is nog net bedank vir die werk wat hy doen.

Op Kletskerk self het ’n deelnemer dit as ’n bedekte dreigement bestempel dat die moderatuur sê daar word van personeel van die kerk verwag om debatte “binne die etos van die NG Kerk te hanteer”.

- Die Burger

Lees meer oor: geloof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.