Waterkrisis word erger

2009-11-26 06:34
Tweets Share Share line Print

Eugen Gunning

George - As daar nie gou verligting kom vir George se watersituasie nie, kan die dorp se waternetwerk tydelik afgesluit word.

Dit sal beteken dat die sowat 190 000 inwoners van die dorp water net op bepaalde tye by bepaalde punte in die dorp sal kry. Die duisende vakansiegangers wat binnekort op die dorp gaan toesak, kompliseer die situasie verder.

Harold Basson, senior bestuurder: siviele ingenieursdienste van die George-munisipaliteit, het gister aan Die Burger gesê die watersituasie hier versleg by die dag. Hy het gesê soos dinge nou lyk, is dit werklik ’n sterk moontlikheid dat die waternetwerk afgesluit kan word. “Dit is uiters kommerwekkend.”

Die Tuinroetedam, George se vernaamste waterbron, is tans net 23,2% vol en die vlak daal al hoe vinniger. Waterverbruik het weer kommerwekkend gestyg nadat dit verlede week tot onder 26 megaliter per dag gedaal het.

Hy het gesê meer drastiese stappe gaan waarskynlik oorweeg word om die huidige waterverbruik te beperk.

Die stadsraad het reeds besluit om die verbruik tot 10 kiloliter water per maand per huishouding te beperk wanneer die vlak van die dam 15% is. Die moontlikheid om dit vroeër in werking te stel, word ernstig oorweeg.

Mense sal nou baie noukeurig na hul waterverbruik moet begin kyk. Die situasie word vererger weens die warm, droë weer wat hoë vlakke van verdamping veroorsaak.

Basson het gesê die munisipaliteit wil tot elke prys keer dat die waternetwerk afgesluit word. Die situasie is egter kritiek en die afsluiting van die netwerk kan dalk onafwendbaar wees indien die situasie nie stabiliseer nie.

As dit nie in Desember reën nie, gaan gekyk word na nog strenger waterbeperkings vir huishoudelike gebruik. Dit sal behels dat verbruik beperk word tot slegs noodgebruik.

Gewoonlik is November ’n maand met hoë reënval vir George, maar tot dusver is net sowat 22 mm gemeet. Gewoonlik val meer as 80 mm reën in November.

Basson het benadruk dat inwoners nie paniekerig moet raak nie. Die water word só bestuur dat die dorp nie daarsonder sal wees nie.

Intussen wil dit voorkom of die waterkrisis geen invloed op voornemende besoekers het nie.

Ludrich Barnard, woordvoerder van George se toerismekantoor, het gesê daar was meer navrae van voornemende besoekers as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Gedurende die internasionale sewesrugbytoernooi wat op 11 en 12 Desember hier aangebied word, is huisvesting skaars.

    * Die stadsraad het gistermiddag op ’n raadsvergadering besluit dat watertariewe vir nie-huishoudelike verbruikers met 50% verhoog word om waterbesparing aan te moedig. Dit tree onmiddellik inwerking.

- Die Burger

Lees meer oor: george  |  water

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.