Waterkrisis sal SA nie tref, sê departement

2010-10-02 06:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die departement van waterwese sal sorg dat geen waterkrisis Suid-Afrika tref nie.

Enkelinge, vakbonde en nie-regeringsorganisasies (NRO’s) wat meen die land stuur op ’n waterkrisis af, wil net geld uit die situasie maak, het Nobubele Ngele, waarnemende direkteur-generaal van waterwese, eergister in ’n verklaring gesê.

Ngele het gesê sy beskou die dreigement deur die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Fedusa dat hy oor aspekte van die land se watergehalte gaan staak, as “bisar”.

“Hoewel die departement van waterwese alle vakbonde se reg om te staak erken, wil ons ook waarsku teen opportunistiese groeperings en enkelinge wat munt uit mense se vrese wil slaan.”

Sy het NRO’s daarvan beskuldig dat hulle mense bangpraat in ’n poging om finansiering vir hul organisasies te verseker.

Met verwysing na die bedreiging wat suur mynwater vir die Witwatersrand en Mpumalanga inhou, het Ngele gesê dit is “jammer” dat opportunistiese groepe nou op dié wa klim in ’n poging om hul eie “opportunistiese private belange” te bevorder.

Die regering is heeltemal in beheer van hierdie situasie, het sy gesê.

Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, het reeds ’n taakspan aangestel om na dié bedreiging te kyk. ’n Interministeriële komitee en ’n paneel kundiges sal binnekort (moontlik teen middel Oktober) hul bevindings daaroor bekend maak.

Sy het dit beklemtoon dat ’n waterkrisis Gauteng nie in die gesig staar nie en dat die provinsie ook nie binnekort ’n krisis sal ervaar nie.

“Gauteng het ’n waterstelsel van wêreldklas en dit word ondersteun deur water wat van KwaZulu-Natal en Lesotho ingevoer word. Die water word tot wêreldstandaarde gesuiwer.”

Die departement se beplanningspanne beplan voortdurend ver in die toekoms in sodat hulle kan verseker dat stede en dorpe nooit sonder water sal wees nie, het sy gesê.

Pam Yako, voormalige direkteur-generaal van waterwese, het twee jaar gelede by ’n internasionale waterberaad gesê Gauteng gaan reeds in 2012 ’n ernstige tekort aan skoon water ervaar.


- Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: natuurbewaring  |  water

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.