Waterkloof se hoof skuldig, afgedank

2010-05-07 08:26
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Dr. Christo Becker, hoof van die Hoërskool Waterkloof, is afgedank ná sy skuldigbevinding in ’n tugverhoor.

So ook Hester van der Merwe, finansiële beampte van die skool.

Charles Phahlane, woordvoerder van die onderwysdepartement, het gesê Van der Merwe is gister oor die uitslag van haar verhoor ingelig.

Sy is skuldig bevind aan ’n oortreding van haar diensvoorwaardes. Sy het vyf dae tyd om teen haar ontslag te appelleer.

Becker is skuldig bevind aan die oortreding van die tugkode en prosedures van indiensneming. Hy het reeds teen sy ontslag geappelleer.

Phahlane het gesê indien hul appèlle misluk, sal hulle wel die voordele (soos pensioengeld) kry waarop hulle geregtig is tot op die datum wat hulle uit diens gestel is.

André Eloff, adjunkhoof, se verhoor is gister afgesluit en die tugkomitee sal die uitslag later bekend maak.

Die skool se beheerliggaam het vroeër ’n forensiese oudit gedoen waarin prima facie-bewyse van ongerymdhede in die skool se geldsake geblyk het.

Phahlane het egter gesê geen klagte van korrupsie of bedrog is teen Becker en Van der Merwe aanhangig gemaak of ondersoek nie.

Die beheerliggaam het gister in ’n brief aan ouers gesê nóg die departement nóg Becker het die skool van ’n afskrif van die klagstaat of uitspraak voorsien.

“Die beheerliggaam kan dus geen kommentaar lewer op die aanklag of uitspraak nie. Die beheerliggaam bevestig egter sy toegewydheid aan behoorlike en deursigtige administrasie en rekenkundige, verantwoordbare finansiële praktyke by die Hoërskool Waterkloof.”

’n Ouer met wie Beeld gepraat het, het gesê die algemene gevoel by die skool is dat “hierdie hele ding nou net agter die rug moet kom”.

“Ons skool het in die proses baie seergekry en ook leerlinge verloor.”

Becker het nie gister op Beeld se selfoonboodskappe gereageer vir kommentaar nie.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: departement onderwys  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
63 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.