Waterkloof-2 moet vrygelaat word, beslis hof
2011-12-16 15:15
Pretoria – Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Vrydag beslis dat twee lede van die sogenaamde Waterkloof-vier onmiddellik in korrektiewe toesig vrygelaat word, het die eNews-kanaal berig.
Dít volg nadat die regspan van Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk Vrydag 'n dringende aansoek om hul vrylating by die hof ingedien het.
Streeklanddros Peet Johnson het Donderdagoggend ’n aansoek van die Zonderwater-paroolraad: korrektiewe dienste om die twee se tronkstraf na korrektiewe toesig om te skakel, toegestaan. Die hele proses is deur die twee se regspan geïnisieer, het Beeld vroeër berig.
Tiedt en Van Schalkwyk is in Augustus 2008 saam met Christoff Becker en Frikkie du Preez tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die aanranding op ’n hawelose man, en die moord van ’n ander.
Die departement van korrektiewe dienste wou hulle nie Donderdagmiddag vrylaat nie.
– Volg Nuus24 op Twitter