Waterkloof-2 moet terug tronk toe, sê regskenners

2011-12-24 08:59
Tweets Share Share line Print

Philip de Bruyn

Kaapstad – Daar is oorgenoeg regsgronde waarop die departement van korrektiewe dienste (DKD) kan steun om te sorg dat die vrylating van twee lede van die Waterkloof-4 tersyde gestel word en hulle hul tronkstraf hervat.

Dit is trouens “onrusbarend” dat die DKD nie al van die eerste dag van die aansoek in die streekhof betrokke geraak het om die twee se vrylating te keer nie, sê dr. ­Leon Wessels, erehoogleraar aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit.

Prof. Marinus Wiechers, oud-hoogleraar in die reg aan Unisa, het gesê: “Toe ek vanoggend (gisteroggend) lees dat hulle in die tronk aan maatskaplike werkers gesê het hulle volstaan daarby dat hulle geen moord gepleeg het nie, het al my simpatie met hulle verdwyn. Ek het fisiek siek en geskok gevoel.

“Die DKD kan en moet die besluit van streeklanddros Peet Johnson in Pretoria op hersiening na die hooggeregshof vat.”

Johnson het Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk se vonnisse van 12 jaar ná net drie jaar in korrektiewe toesig omskep.

“Dit lyk my al die bekende, regsaanvaarde doelstellings met straf is in hulle geval oor die hoof gesien. Mense moenie perspektief verloor nie. Buiten die streeklanddros wat hulle gevonnis het, is die hele saak later deur 15 regters oorweeg–twee in die hooggeregshof, twee in die appèlhof en 11 in die konstitusionele hof.

“Al 15 dié regters het die streeklanddros se skuldigbevinding en vonnis regstreeks of onregstreeks (deur appèl te weier) bekragtig. Hul verhaal dat hulle iemand aangerand het, maar nie vermoor het nie is deur al dié regters verwerp.”

Hy het gesê ’n hersieningsaansoek kan veral op grond van die klaarblyklike ondermyning van die doeleindes met straf gebring word. “Die feit dat iemand ’n modelgevangene is, maak hom nog lank nie geregtig op so ’n onbehoorlik vinnige omskakeling van sy vonnis in korrektiewe toesig nie. Dit is suiwer ’n paroolgrond, wat oor drie jaar eers vir Tiedt en Van Schalkwyk ter sprake sou kom.”

Wessels het gesê buiten die feit dat die DKD nie moes sit en vingertjies draai het nie, klink dit “baie onrusbarend” dat ’n gevangenisstraf wat deur soveel senior regsoë bestudeer is (verwysende na die 15 regters) sommer so deur ’n paroolraad gewysig kan word.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
59 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.