Water is Kaapstad se grootste skuldlas

2010-08-03 18:48
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Kaapstadse munisipaliteit sit met ’n waterrekening van R1,3 miljard wat hy op sy maag kan skryf en met die naaste emmer water kan afwas.

Luidens ’n opsomming van die agterstallige geld wat teen einde Junie aan die munisipaliteit verskuldig was, is die grootste enkele bedrag dié vir water, waarvan ’n groot deel weens waterlekkasies is.

Die totale agterstallige skuld is net minder as R3,5 miljard.

Boonop het die munisipale geldinvorderaars nie die laaste tyd so goed gevaar nie omdat hul aandag by die Wêreldbeker-sokkertoernooi was.

Trevor Blake, die stad se direkteur van inkomste, het sy kommer uitgespreek oor die hoeveelheid water wat weens lekkasies verlore gaan.

In die verslag oor waterbestuur wat gister aan die portefeuljekomitee vir nutsdienste voorgelê is, is waterverlies in die groter waterverspreidingsnetwerk 25,4% oor ’n tydperk van ’n jaar. Dit is altesaam 6998997 kiloliter water.

Een oplossing is die installering van meganismes om die waterdruk, en daarmee ook waterlekkasies, te beperk. ’n Ander oplossing is ’n program om water- bestuurtoestelle by eiendomme te installeer. Amptenare sukkel egter om hul teikens daarmee te haal.

Donnavin Wright van waterbestuur het gesê dit is maklik om in teorie die installering van dié toestelle te verduidelik, maar die groot probleem is om verbruikers se gewoontes te verander.

Blake het bygevoeg skuld van ander bronne, soos die provin­siale en nasionale regering, word op hoë vlak aangepak.

Die warm aartappel van R21miljoen wat tussen die nasionale en provinsiale regeringsvlakke rondgegooi is vir agterstallige munisipale heffings vir die Groote Schuur-hospitaal moet volgens ’n regsmening deur die nasionale regering betaal word.

Volgens Blake is rekeninge deur onderwysinstellings ’n groot probleem. Die begrotings wat aan skole toegedeel is, maak nie voorsiening vir die verhoogde elektrisiteitsrekeninge nie. Die provinsiale ministers van onderwys en finansies is juis besig om ’n antwoord hiervoor te vind.

Skole skuld die Kaapstadse munisipaliteit reeds meer as R51miljoen, wat deur die nasionale regering vereffen moet word.

Op provinsiale vlak skuld die onderwysdepartement R67miljoen.

Blake het gesê dié agterstallige skuld is die laaste in die pot wat nog ingevorder moet word, en juis die moeiliker probleme wat nog onopgelos is.

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad  |  water

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Ou Juju, jy's stil en ons het in weke nie van jou gehoor nie. Laat hoor van jou want ons weet jy voer reeds weer iets in die mou. Jou geldsake lyk ook nog klop-disselboom........jy't mos nog baie pêlle in die ANC wat jou sekerlik help met 'n tender of twee. Wanneer vat jy die ANC aan of wag jy vir die party-kongres later vandeejaar ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.