Water in Gautreintonnels in rivier gepomp
2011-07-28 22:59
Kaapstad - Water wat in een van die Gautreintonnels in Johannesburg insyfer, sal teen 'n tempo van ses miljoen liter per dag in die Sandspruitrivier ingepomp word.
Die Gautrein Bestuursagentskap sê die besluit is in samesprekings met die Gautengse LUR vir vervoer, Ismail Vadi, geneem.
Vadi sê 'n poging sal aangewend word om die syferwater-probleem tussen Rosebank en Parkstasie op te los deur gate in die tonnelvloer te boor en beton in die rots in te pomp.
Hy is egter vol vertroue dat die gedeelte teen die einde van die jaar oop vir verkeer sal wees.
Fase twee van die Gautrein van Rosebank in Johannesburg tot by Hatfield in Pretoria word aanstaande Dinsdag oopgestel.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter