Wapentransaksie: 'Zuma se regter' in ondersoekspan

2011-10-25 08:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die regter wat pres. Jacob Zuma in 2006 op ’n verkragtingklag vrygespreek het, is deel van die geregtelike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie.

Regter Willem van der Merwe, wat meer as 26 jaar ondervinding het, is tans adjunkregterpresident in Noord-Gauteng.

Die ander twee regters in die kommissie is regter Willie Seriti van die appèlhof en regter Francis Legodi, ook van die Noord-Gautengse hooggeregshof.

Seriti was onder meer op die bank toe die Waterkloof-4 se appèl teen hul skuldigbevinding en vonnis van 12 jaar tronkstraf in die Pretoriase hooggeregshof misluk het.

Zuma het Maandag gesê dié drie sal die ondersoek oor die volgende twee jaar afhandel.

Die president het egter steeds nie die verwysingsraamwerk vir die ondersoek bekend gemaak nie.

“Ek het die kommissie ingevolge die Grondwet aangestel.

“Die kommissie sal al die bewerings van onreëlmatighede met die wapentransaksie ondersoek.

“Regter Seriti sal die voorsitter van die kommissie wees,” was al wat hy gesê het.

Zuma het reeds op 15 September aangekondig dat hy besluit het om dié ondersoek na die wapentransaksie te heropen om die saak “finaal tot ’n einde te bring”.

Die wapentransaksie-kritikus Terry Crawford-Browne het gesê die president se aankondiging Maandag was ’n aanduiding dat Zuma “ernstig is oor die ondersoek”.

“Regter Seriti is ’n regter van die appèlhof, wat baie bemoedigend is. Regter Van der Merwe, sover my kennis strek, was voorheen ontevrede met die hantering van die aanvanklike wapentransaksie-ondersoek.

“Dus is sy keuse ook bemoedigend. Ons moet nou egter wag vir die verwysingsraamwerk voordat ons te opgewonde raak,” het Crawford-Browne gesê.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, wat in 1999 die eerste ernstige vrae oor die transaksie geopper het, het Zuma se aanstellings van die kommissie ook verwelkom.

Sy het gesê al wat nou kortkom, is die verwysingsraamwerk.

“Dié raamwerk moet die kommissie bemagtig om enige individue wat betrek word by korrupsie, te kan vervolg.

“Die raamwerk moet ook toelaat dat die kommissie die redes vir Zuma se eie kwytskelding aan vervolging vir die wapentransaksie ten volle ondersoek.”

De Lille het gesê daar moenie ’n amnestie-klousule in die raamwerk ingewerk wees nie.

“Hierdie is nie ’n ondersoek na politieke oortredings nie, maar ’n korrupsiesaak.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Willem ek dink hy het gou die hoed omgestuur by die plekke waar hy so geredelik sy verbale diarree gaan uiter. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.