Wapenondersoek: Reëls gou bekend

2011-10-26 09:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die verwysingsraamwerk wat die ondersoek na die omstrede wapentransaksie sal bepaal, kan binne die volgende twee dae bekend gemaak word.

Dié reëls sal die omvang van die magte bepaal van die drie regters wat in die kommissie sal dien en kan onder meer voorskryf of daar amnestievoorwaardes aan die ondersoek gekoppel sal word of nie.

Sonder amnestie kan die ondersoek ’n aantal senior ANC-lede en regeringsamptenare onder groot druk plaas.

Amptenare wat reeds verbind is met die wapentransaksie, sluit in oud-pres. Thabo Mbeki, Chippy Shaik, Fana Hlongwane en Tony Yengeni en selfs president Jacob Zuma.

Hlongwane is in Mei vanjaar in ’n Sweedse ondersoek uitgewys as die ontvanger van omkoopgeld wat deur ’n filiaal van die Sweedse wapenvervaardiger SAAB aan hom betaal is.

SAAB se uitvoerende hoof het later bevestig dat omkoopgeld van R24 miljoen aan Hlongwane betaal is in verband met die wapentransaksie.

Hlongwane was een van Joe Modise, oud-minister van verdediging, se topadviseurs.

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het gister aan Volksblad gesê die inhoud van die verwysingsraamwerk waarbinne die kommissie bedryf sal word, sal “almal tevrede stel”.

Maharaj sê Zuma sal die finale stel reëls persoonlik goedkeur voordat dit bekend gemaak word.

“Ons werk so vinnig moontlik om die regsaspekte en laaste besonderhede uit te stryk voordat die aankondiging gedoen sal word, maar dit kom gewis binne die volgende dag of twee.”

Zuma het Maandag die drie regters aangekondig wat in die kommissie van ondersoek sal dien.

Dié drie regters sal gelei word deur regter Willie Seriti van die appèlhof.

Zuma het die wapentransaksie-ondersoek op 15 Mei vanjaar heropen en gesê die departement van justisie sal die besonderhede uitwerk.

Maharaj sê Zuma se redes vir die ondersoek is om die saak tot ruste te bring.

“Die saak sleep nou al jare voort en die president het besluit die beste manier om dit te beëindig is deur ’n kommissie aan te stel.”

Een van die meer omstrede kwessies wat die kommissie moontlik sal moet ondersoek, is Zuma se eie betrokkenheid by die wapentransaksie.

Patricia de Lille, die eerste om, reeds in 1999, ernstige vrae oor die saak te opper, het reeds gesê die kommissie moet onder meer die redes vir Zuma se vroeëre kwytskelding ondersoek.

Een van die eerste dinge wat die kommissie sal moet doen, is om die bewysstukke van die saak wat deur die Valke gehou word, by hulle te kry. Dit sluit in 460 bokse vol dokumente en 4,7 miljoen elektroniese lêers wat ondersoek sal moet word.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: wapentransaksie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Willem ek dink hy het gou die hoed omgestuur by die plekke waar hy so geredelik sy verbale diarree gaan uiter. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.