Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Wapen-kommissie het tweede agenda'

2013-01-17 10:19
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die integriteit van die kommissie wat die wapenskandaal ondersoek, is onder ernstige verdenking nadat ‘n bedankingsbrief van een van sy ondersoekers uitgelek het, het ‘n koerant berig.

Beeld berig Norman Moabi, ‘n prokureur en voormalige waarnemende regter van Pretoria, beweer in sy brief – wat aan dié dagblad gelek is – dat die kommissie nie deursigtig is nie, en ‘n alternatief of “tweede agenda” verskuil.

Moabi sê in die brief, wat aan regter Willie Seriti geadresseer is, dat hy uittree as gevolg van inmenging en omdat hy vertroue in die kommissie se werk verloor het.

“Ek het na die kommissie gekom om met integriteit, waardigheid en waarheidliewendheid te dien. Ek kan nie met ’n skoon gewete voorgee dat ek blind is vir wat by die kommissie aan die gang is nie.”

Volgens Moabi bestuur Seriti die kommissie met ’n ysterhand, en word inligting gemanipuleer en van sommige kommissielede weerhou.

Bydraes van individue wat nie die “tweede agenda” najaag nie, word na bewering geïgnoreer.

Beeld het Moabi gekontak, maar hy wou nie kommentaar lewer nie.

William Baloyi, woordvoerder van die kommissie, het gesê die kommissie het net een agenda en dit is om die saak te ondersoek soos bepaal deur pres. Jacob Zuma.

“Enige ander agenda waarna mnr. Moabi verwys, is ’n misleiding.”

Sittings sal na verwagting in Maart begin.

Zuma het in Oktober 2011 aangekondig dat Seriti die voorsitter van die kommissie van ondersoek sal wees. Regters Hendrick Musi en Francis Legodi vorm ook deel van die kommissie.

Regter Willem van der Merwe – dieselfde regter wat die president op ‘n aanklag van verkragting vrygespreek het – is aanvanklik aangestel om Seriti en Legodi by te staan.

Die presidensie het in Desember 2011 aangekondig dat Van der Merwe aangedui het dat hy weens persoonlike redes nie op die kommissie sal dien nie. Zuma het toe vir Musi aangestel.

Die ooreenkoms – wat destyds beraam is om R43 miljoen te beloop – teister Suid-Afrika se politiek sedert dit in 1999 onderteken is, nadat die destydse PAC-LP Patricia de Lille die parlement van korrupsie beskuldig het.

Zuma is self van korrupsie aangekla nadat sy finansiële raadgewer, Schabir Shaik, daaraan skuldig bevind is dat hy omkoopgeld vir die president van ‘n Franse wapen-maatskappy gefasiliteer het.

Die aanklagte teen die president is later laat vaar.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Saartjie Bester sê... Moenie Appels met pere vergelyk nie. Misdaad in SA maak ons almal paranois. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.