Wantroue kenmerk Kopenhagen
2009-12-22 17:34
Beamptes van die Suid-Afrikaanse Regering wat deel was van die onderhandelinge by die Verenigde Nasies (VN) se 15de kongres oor klimaatsverandering sê die geleentheid is deur wantroue gekenmerk.
Me. Joanne Yawitch, direkteur-generaal vir omgewingsbewaring by die Departement van Omgewingsake en Waterwese, sê op volgende jaar se kongres in Mexiko sal die vertroue tussen ontwikkelende en ontwikkelde lande eers herstel moet word voordat onderhandelinge kan voortgaan.
Vir die volle storie, lees in Landbou.com