Wagte vas vir 50k se drank
2010-01-08 20:17
Johannesburg – Twee sekuriteitswagte is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle gekoppel is aan die diefstal van drank tot die waarde van R50 000 by die Pretoriaanse winkel waar hulle gewerk het.
Volgens kapt. Jan Sepato is daar Donderdagaand by Distri-Liquor ingebreek, en bokse drank is gesteel.
“Dit het gedurende ondervraging uitgekom dat die twee betrokke was. Hulle het later ’n huis in Mamelodi-Wes uitgewys waar die bokse drank gestoor is,” het Sepato gesê.
Hy het bygevoeg dat al die gesteelde drank weer gevind is.
Die twee, wat oorspronklik van Zimbabwe is, is in hegtenis geneem en aangekla van sakeroof en diefstal.
Hulle sal na verwagting Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
–Sapa