Wagte skiet rower in Sandton
2009-11-27 05:15
Johannesburg - ‘n Man is in ‘n skietgeveg tussen veiligheidswagte en rowers by ‘n inkoopsentrum in Sandton gewond, het paramedici gesê.
Werner Vermaak, die woorvoerder van ER24-nooddienste het gesê drie mans het ‘n vrou, wat die Village Walk-inkoopsentrum gisteraand (Vrydag) besoek het, se handsak gegryp en weggehardloop.
“’n Skietgeveg het ontstaan. Die sekuriteitswagte het die mans agternagesit en een in die been geskiet, hulle het ook die ander twee mans vasgekeer, het Vermaak gesê.
Die gewonde man is deur paramedici behandel en die polisie was op die toneel, het hy gesê.
- Sapa