Wag op uitslae laat leerlinge depressief raak

2011-12-31 10:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Kort voordat die matriekuitslae aangekondig word, word beradingsdienste oorval met oproepe van depressiewe matrieks en bekommerde ouers, en dit lyk of dié oproepe toeneem, sê beraders.

Meer as 10% van alle oproepe wat die Suid-Afrikaanse depressie-en-angsgroep (Sadag) ontvang, is van matrieks wat depressief is voor en ná hul uitslae verskyn, het me. Janine Shamos, woordvoerder, gesê.

“Matrieks bel Sadag omdat hulle nie na verwagting presteer nie. Ons kry oproepe van leerlinge wat bang is hulle gaan matriek druip en ook leerlinge wat ’n rits onderskeidings verwag. Dit lyk asof dit meer is as vorige jare.”

Sowat 22% van die 2 500 matrieks van 2010 wat vroeër vanjaar die kletsnetwerk MXit se beradingsportaal besoek het, het selfmoord oorweeg nadat hul matriekuitslae bekend gemaak is.

Volgens Chantelle Bezuidenhout, wat vanjaar in matriek in die Hoërskool Dinamika in Brackenhurst, Alberton, was en in die verteenwoordigende leerlingraad (VLR) gedien het, maak leerlinge en veral matrieks gebruik van die opgeleide beraders by die skool.

“Die VLR het maandelikse verslae gekry en meer as 40 matrieks, almal elke maand nuwe gevalle, het van die beraders gebruik gemaak. Ek self het aan die begin van die jaar kalmeerpilletjies gebruik om met die skielike druk en baie werk te help.”

Universiteitskeuring, werkgeleenthede en druk van ouers is die grootste oorsaak van dié angs en depressie, het Gautengse leerlinge gesê.

Rikus Dorfling, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Florida in Roodepoort, het gesê sy Kersfees en Nuwejaar is effens bederf omdat hy angstig op die bekendmaking van sy matriekuitslae wag.

“Daar was vanjaar ’n meisie, nogal ’n bright spark en glad nie dom nie, wat in die klas voor almal ’n uitbars­ting gehad het. Sy kon net nie meer al die werk en die druk hanteer nie. Die druk van ’n mens se ouers is nogal erg. Jou matriekuitslae is rêrig ’n groot ding. Dit bepaal wat jy met jou lewe sal doen of nié sal doen nie.”

Mnr. Charles Phahlane, Gautengse onderwyswoordvoerder, en Shamos het albei gesê matriekleerlinge moet nie bekommerd wees wanneer hul name nie in die koerante verskyn of dit blyk hulle het swakker gepresteer as verwag nie. “Gaan eerder na die skool toe, praat met die onderwysers en maak seker dat jou punte korrek aan jou gegee word.”

Ken ook jou opsies, is Shamos se raad. “In sommige gevalle is dit moontlik om die vak oor te skryf. Niks is ooit so sleg as wat dit in daardie stadium lyk nie.”

    * Bekommerde ouers, matrieks en leerlinge kan Sadag om hulp skakel by 0 011 262 6396.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: matrieks  |  depressie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Willem ek dink hy het gou die hoed omgestuur by die plekke waar hy so geredelik sy verbale diarree gaan uiter. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.