Wag kritiek ná skietery
2009-10-02 10:13
Durban - 'n Sekerheidswag wat boumateriaal opgepas het, is drie keer geskiet deur mans wat dié materiaal wou steel.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê die man is in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
Die voorval het in Lamontville, Durban plaasgevind.
Supt. Muzi Mngomezulu, 'n polisiewoordvoerder, het gesê 'n saak van poging tot moord word ondersoek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
– Sapa