Waarskuwing van kitsvloede vir Oos-Rand uitgereik
2011-03-14 12:53
Johannesburg – Die Ekurhuleni-munisipaliteit het ‘n waarskuwing van kitsvloede aan inwoners uitgereik nadat swaar reën in dié gebied voorgekom het.
Volgens Roggers Mamaila, ‘n woordvoerder van die nooddienste, is daar ‘n moontlikheid dat die gebied deur kitsvloede geteister gaan word.
Die munisipaliteit het inwoners en sakeondernemings in laagliggende gebiede gemaan om versigtig te wees.
Die gemeenskap word aangemoedig om die volgende nommers te skakel indien hul wonings meer as enkeldiep onder water is: 011 458 0911, 10177 (tolvry) of 112 van ‘n selfoon.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het intussen bevestig dat swaar reën waarskynlik Dinsdag in Gauteng en die oostelike dele van die Noordwes sal voortduur.
Bestuurders word gemaan om versigtig in nat weerstoestande te bestuur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA