Waarskuwing oor nommerplate uitgereik
2011-12-07 10:07
Kaapstad – Verkeersowerhede het gewaarsku dat voertuie sonder geregistreerde nommerplate nie op openbare paaie mag wees nie.
Nommerplate wat met karton gemaak is word dikwels gebruik en sal nie langer geduld word nie omdat die meeste van dié voertuie onpadwaardig is, het Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, gesê.
Africa het gesê dié voertuie sal padwaardigheidstoetse moet ondergaan.
"Ons sal die gebruik van daardie voertuig opskort en die eienaar van daardie voertuig sal dan na die munisipaliteit moet gaan vir 'n padwaardigheidstoets. Hy sal slegs slaag wanneer albei nommerplate op die voertuig is."
Alle onpadwaardige voertuie sal as deel van die Wes-Kaapse veldtog oor padveiligheid vir die feestydperk geskut word.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter