Waarnemende hoof van SOE aangestel
2011-12-16 10:30
Johannesburg – Vrae word gevra oor president Jacob Zuma se aanstelling van adv. Nomgcobo Jiba as waarnemende hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE).
Adv. Williem Heath, wat twee weke gelede as die hoof van die SOE aangestel is, het Woensdag bedank nadat hy in 'n onderhoud met die Sondagkoerant City Press beweer het oudpres. Thabo Mbeki was verantwoordelik vir die veroordeling van Schabir Shaik en die aanklagte van verkragting teen Zuma.
Jiba was verantwoordelik vir die inhegtenisneming van Gerrie Nel terwyl sy die staat se saak teen die voormalige nasionale polisiehoof Jackie Selebi gelei het.
Dít is glo gedoen in 'n poging om die ondersoek te ontwrig.
Jiba is deur Mokotedi Mpshe, toe die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, geskors vir haar aandeel in die beweerde komplot teen Nel.
Toe sy as adjunk-direkteur van nasionale vervolging aangestel is, het die DA gesê sy het teen iemand in 'n hoër posisie saamgesweer.
Helen Zille, leier van die DA, het gesê die party sal Jiba fyn dophou.
Zuma moet nou 'n permanente hoof van die SOE aanstel.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter