Waar toeriste is, móét ook kondome wees

2010-06-07 08:26
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bloemfontein – Alle gastehuise en hotelle in Bloemfontein móét vir die duur van die Wêreldbeker-sokkertoernooi gratis kondome aanhou en aan toeriste versprei.

Dié dringende beroep is van mnr. Lele Mamatu, woordvoerder van die Mangaung-munisipaliteit se plaaslike reëlingskomitee.

Hy sê die stad steun Fifa se se landwye veldtog om bewustheid oor vigs te verhoog. “Dit is vir ons net so belangrik dat mense veilige seks beoefen. Daarom wil ons mense in die akkommodasiebedryf aanmoedig om kondome beskikbaar te stel. In elke liewe plek waar toeriste gaan bly, moet daar kondome wees.”

Luidens ’n verklaring van Fifa sal aktiwiteite oor vigs deurlopend plaasvind.

“As beheerliggaam kan Fifa nou bevestig dat elke gasheerstad aangemoedig word om by die ondersteunersparke ’n tent beskikbaar te stel waar basiese medisyne, sonbrandmiddels en kondome gratis uitgedeel gaan word.”

Voorts lui die verklaring dat inligtingsbrosjures oor vigs en kondome in elke gasheerstad deur nooddienswerkers versprei gaan word.

“Vigs is ’n probleem oor die hele wêreld heen. Almal moet meer versigtig wees, veral ten tyde van groot gebeurtenisse waar die opwinding hoog gaan loop.”

Luidens die verklaring ondersteun Fifa Suid-Afrika in sy stryd teen vigs.

Mamatu sê die plaaslike reëlingskomitee ondersteun Fifa se verskillende veldtogte. Hy sê dit is geen geheim dat seksuele aktiwiteite in dié tyd gaan toeneem nie.

“Die hele stad gaan by die vigsveldtogte betrokke wees. Dit is een van ons belangrike aktiwiteite.”

Hy sê verantwoordelike toerisme moet te alle tye beoefen word.

Ander gasheerstede het ook te kenne gegee dat hulle Fifa se veldtogte sal ondersteun.

Me. Mariette du Toit-Helmbold, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, het ’n projek, Veilige Toerisme, aangekondig.

Altesaam 160 000 kondome met die boodskap Speel veilig in Kaapstad gaan versprei word.

In Johannesburg en Pretoria gaan inligtingsprogramme op TV-skerms, waar mense sokker kyk, gewys word.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: miv/vigs  |  kondome

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Willem ek dink hy het gou die hoed omgestuur by die plekke waar hy so geredelik sy verbale diarree gaan uiter. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.