Seun uit hospitaal ná ouers sterf

2010-05-24 10:35
Tweets Share Share line Print

Lambert Snyders (5) van Bela-Bela kort nadat hy ’n gesigoperasie ondergaan het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Lambert Snyders (5) van Bela-Bela (Warmbad) wat wees gelaat is ná ’n motorongeluk sowat ’n maand gelede, is uit die Netcare Akasia-hospitaal in Pretoria ontslaan.

Henk Botha, Lambert se oom, het gesê die operasie aan sy kaak, gesig en regteroog was ’n groot sukses.

“Dit gaan fisiek baie goed met Lammie. Dit lyk nie of hy nog operasies nodig gaan hê nie,” het Botha gesê.

Die seun se ouers, Louw Snyders (56) en sy vrou, Jacomine (29), is in die ongeluk op die ou Pretoria-pad buite Bela-Bela dood.

Susan Botha, Lambert se enigste ouma, is ook in die ongeluk dood.

’n Groot vragmotor het reg van voor teen die gesin se motor gebots.

Lambert, wat op sy ma se skoot in die passasiersitplek gesit het, is teen die paneelbord vasgedruk.

M.J. Botha (9), ’n nefie van Lambert, is ook in die ongeluk beseer.

Hy is in die Polokwane- provinsiale hospitaal behandel en ’n paar dae later ontslaan.

Die Snyders-egpaar het nie ’n mediese fonds gehad nie en Lambert se beserings was te ernstig vir behandeling in die Warmbad- provinsiale hospitaal, maar lede van die publiek het hul hart oopgemaak toe hulle in Beeld van Lambert gelees het.

Verskeie dokters in Pretoria het hul dienste gratis aangebied en die Tromar-ambulansdienste het Lambert gratis na Pretoria vervoer.

Die Netcare Akasia-hospitaal het sy verblyf gratis verskaf.

Nog weldoeners het selfs geskenke en geld gegee.

Botha het gesê Lambert kuier by familie-vriende in die Vrystaat. Hy huil nog baie oor sy ouers wat dood is.

Hy kon nie hul begrafnis bywoon nie omdat hy toe nog baie ernstig siek was in die hospitaal.

Botha het gesê dit is nog nie duidelik wat Lambert se toekoms inhou nie.

Die familie weet nog nie by wie hy voortaan sal woon nie.

 

Lees meer oor: padveiligheid  |  kinders  |  ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Willem ek dink hy het gou die hoed omgestuur by die plekke waar hy so geredelik sy verbale diarree gaan uiter. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.