Waaghals val 60 m van Tafelberg, breek bene

2012-01-17 09:22
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Amerikaanse waaghals Jeb Corliss (35) het gisteroggend wonderbaarlik oorleef nadat sy sprong van ’n rotslys teen Tafelberg skeefgeloop het.

Corliss het teen die berg gebots voordat die noodvalskerm van sy sweefpak oopgegaan het. Hy het veelvuldige beenbreuke opgedoen.

Die ongeluk het omstreeks 09:45 gebeur.

Me. Merle Collins, woordvoerder van die Tafelberg Nasionale Park, het gesê Corliss het sowat 60 m ver geval voordat sy noodvalskerm oopgegaan het.

Hy het sowat 800m onder die sweefspoorstasie tot stilstand gekom.

Dit was die tweede keer in minder as ’n week dat Corliss, een van die wêreld se beste Base- (Building, Antenna, Span, Earth) en sweefspringers, van Tafelberg gespring het.

Die Burger het Vrydag oor sy eerste sprong berig.

Hy het verlede Woensdag ook in ’n sweefpak van Tafelberg gespring.

In Kaap vir opnames

Corliss, ’n veteraan van meer as 1 000 spronge van bakens soos die Eiffeltoring, die Petronas-torings in Maleisië en die Golden Gate-brug in San Francisco, is in Kaapstad vir opnames deur die Amerikaanse TV-netwerk HBO.

’n Vriend, mnr. Joby O’Gwyn (37) van Los Angeles, is ook per helikopter van die berg gebring. Hy het kort voor Corliss gespring en was ongedeerd.

“Jeb en sy kameraman, Geoff, het gevlieg en toe hoor ek ’n geluid.

“Dit het geklink of Jeb ’n rotslys tref en toe het sy valskerm oopgegaan.

“Daarna het hy die rotswand onder die lys getref.

“Hy het dus twee keer baie hard teen die berg gebots,” het O’Gwyn vertel.

Volgens O’Gwyn was Corliss steeds by sy volle bewussyn en het hy gepraat.

Volgens mnr. Anwaaz Bent, ’n woordvoerder van Wildernis- soek-en-redding, het Corliss gister van ’n rotslys naby die boonste sweefspoorstasie gespring.

Mnr. Kevin Tromp, nog ’n woordvoerder wat deel was van die reddingspan, het gesê Corliss het op die kontoerpad, sowat 800m onder die sweefspoorstasie, tot stilstand gekom.

Volgens me. Keri Davids, woordvoerder van die provin­siale departement van gesondheid se nooddienste, is ’n AMS-reddingshelikopter ontbied.

“Twee paramedici is tot by die pasiënt laat sak.

“Hy is in ’n spesiale draagbaar vasgegespe en per helikopter na die Tafelbergpad-parkering vervoer.”

Geen permit

Hy is daarvandaan met ’n ambulans na die Christiaan Barnard-hospitaal gebring.

Volgens me. Michelle Norris, woordvoerder van die hospitaal, is die tibia en fibula van albei sy bene op verskeie plekke gebreek, maar is sy toestand stabiel.

Corliss het aan Norris gesê hy voel beter as ooit.

Volgens Collins reik die Tafelberg Nasionale Park geen Base-springpermitte uit nie en dié aktiwiteit word verbied.

“Ons oorweeg dit om ’n klag vir die gebruik van sweeftoerusting sonder ’n permit teen Corliss in te dien, of om hom te beboet,” het Collins gesê.

Me. Colette van Aswegen, woordvoerder van die Tafelberg-sweefspoor, het ook bevestig dat hulle nie permitte aan ­Base-springers uitreik nie.

Hoewel hulle rolprentpermitte uitreik, het Corliss nie om so ’n permit aansoek gedoen nie.

– Kyk die video hier

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: tafelberg  |  kan jy glo?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Willem ek dink hy het gou die hoed omgestuur by die plekke waar hy so geredelik sy verbale diarree gaan uiter. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.