Vyfjarige verdrink in swembad
2011-08-28 20:57
Johannesburg – ‘n Vyfjarige seun het verdrink nadat hy Sondag in ‘n swembad in Roodepoort, Johannesburg, geval het, het paramedici in Gauteng gesê.
Die seun het verdrink by ‘n huis in Oortjiestraat, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Hy is deur sy familie gevind waar hy op die oppervlakte van die water gedryf het. Hulle het die seun uit die water gehaal en onmiddellik die noodoproep na paramedici gemaak.”
Volgens Wicks het die seun nie asemgehaal of ‘n polsslag gehad toe paramedici by hom gekom het nie.
Paramedici het hom op die toneel probeer bybring en aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel voordat hulle hom na ‘n hospitaal geneem het. Die pogings om hom by te bring het by die hospitaal voortgegaan, maar misluk, het Wicks gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA