Vyfjarige verdrink in dam
2012-01-14 14:06
Butterworth – 'n Vyfjarige seun het verdrink toe hy en drie seuns in 'n dam in Gqunqe, Centane, buite Butterworth, geswem het, het die Oos-Kaapse polisie Saterdag gesê.
Volgens kapt. Jackson Manatha het die vier seuns Vrydagmiddag gaan swem, maar die vyfjarige het verdrink toe hy nie weer terug uit die dam kon swem nie.
Polisieduikers van Oos-Londen het die seun se lyk Saterdag uit die dam verwyder.
Manatha het gesê 'n geregtelike doodsondersoek sal volg. Hy het ouers gewaarsku om altyd hulle kinders te vergesel wanneer hulle wil gaan swem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA