Vyf vermis ná vloede in O-Kaap
2011-06-11 16:53
Kaapstad - Vyf mense word vermis sedert swaar reën vloede in die Oos-Kaap veroorsaak het, het dié provinsie se hoof van rampbestuur John Fobian Saterdag gesê.
"Ons dink hulle het verdrink toe die riviere Vrydag hul walle oorstroom het, maar kon nog geen lyke vind nie," het Fobian gesê.
Hy het gesê 'n 15-jarige skoolkind is deur die water meegesleur toe hy 'n rivier in Butterworth wou oorsteek.
Drie mense in Lusikisiki en 'n 47-jarige in Keiskammahoek word ook vermis.
"Die son is besig om agter die woke uit te kom en die watervlakke het so bietjie begin sak, so ons behoort vandag (Saterdag) 'n beter kans te hê om die vermistes te vind," het hy gesê.
Die omvang van die skade sal eers bevestig kan word nadat opruimingswerk voltooi is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA