Vyf vermis na boot tiep
2009-10-26 15:32
Mosselbaai – Vyf vissermanne is vermis nadat 'n visserboot by Die Punt in Mosselbaai getiep het.
Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) was daar ses vissermanne aan boord en is een uit die waters gered.
“Een visserman is gered en na die hospitaal geneem, maar 'n soektog vir ander oorlewendes is onderweg,” het Craig Lambinon, woordvoerder vir die NSRI, gesê.
Lambinon wou nie verdere inligting bekend maak nie omdat die soektog nog onderweg is.
Die Suid-Afrikaanse weerburo het Maandag waarskuwings van rowwe seetoestande tussen Kaappunt en Algoabaai uitgestuur en gesê golwe wat meer as vyf meter hoog is, word verwag.
- Sapa