Vyf vas vir skoolhoof-moord
2009-09-25 10:32
Johannesburg – Vyf mense is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n skoolhoof in New Crossroads in die Kaapse Vlakte, het polisie in die Wes-Kaap Vrydag gesê.
Nomzoxolo Dziba, die waarnemende hoof van Sithembele Matiso laerskool, is op 24 Augustus buite haar kantoor doodgeskiet, het kapt. Bernadine Steyn gesê.
Twee mans en een vrou is Donderdagaand in hegtenis geneem vir die moord terwyl hulle in die rigting van Cradock vanaf Graaff Reinet gery het.
Vroeër in die dag is twee mans van in die Kaapstad omgewing in hegtenis geneem.
Hulle sal Maandag in die hof verskyn
- Sapa