Vyf sterf toe motor padskraper tref
2011-12-03 19:19
Johannesburg – Vyf mense is dood en een is kritiek beseer toe hulle voertuig Saterdag in Malamulele teen 'n padskraper gebots het, het die polisie in Limpopo gesê.
Volgens brig. Hangwani Mulaudzi is vyf insittendes op slag dood en die bestuurder is in 'n kritieke toestand by die Malamulele-hospitaal opgeneem.
"Onder die wat dood is tel drie vroue, 'n man en 'n kind. Die slagoffers se identiteite is nog nie bekendgemaak nie," het hy gesê.
–Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA