Vyf sterf in ongeluk
2011-12-22 22:39
Johannesburg – Vyf mense waaronder 'n kind is dood nadat hul motor Donderdagaand teen 'n vragmotor op die N1 naby Mokopane gebots het, het paramedici gesê.
Die vragmotor het stilgestaan op die hoofweg toe die Ford Icon omstreeks 21:00 daarteen gebots het, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Twee mans, twee vroue en 'n seun, van ongeveer ses jaar oud, is in die ongeluk dood.
Die enigste oorlewende van die ongeluk is 'n sesjarige meisie. Sy is in 'n kritieke toestand na die staatshospitaal in Limpopo geneem.
Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA