Vyf sterf in Vryheid-ongeluk
2011-09-07 20:55
Johannesburg – Vyf mense het gesterf en vyf ander is beseer toe twee motors gebots het by die Bhanya-brug in Vryheid, het die KwaZulu-Natalse departement van vervoer Woensdag gesê.
“Die vermoede is dat ‘n Nissan-bakkie en ‘n Toyota Condor Dinsdag reg van voor gebots het toe een van die bestuurders op ‘n draai beheer oor die voertuig verloor het,” het Kwanele Ncalane, woordvoerder, gesê.
Twee mans en twee vroue is op die toneel dood. Ses mense is na ‘n hospitaal geneem. Die vyfde persoon het in die hospitaal gesterf.
Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het sy besorgdheid uitgespreek oor die hoeveelheid mense wat in padongelukke sterf.
“Een lewe is te veel,” het Mchunu gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA