Vyf sterf in KZN-ongeluk
2011-10-10 18:28
Johannesburg – Vyf mense is Maandag dood in ‘n kop-aan-kop-botsing in Dannhauser, het die departement van vervoer in KwaZulu-Natal se woordvoerder, Kwanele Ncalane, gesê.
‘n Dertienjarige kind is kritiek beseer in die ongeluk, wat omstreeks 08:00 plaasgevind het.
Volgens Ncalane het die ongeluk gebeur toe ‘n bestuurder blykbaar beheer oor sy motor verloor en dit reg voor ‘n aankomende voertuig laat beland het.
Vier mans en ‘n vrou is dood in die ongeluk.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA