Vyf ministers swyg oor hotelkostes

2011-11-01 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Ministers moet ophou om “kommer oor veiligheid” as verskoning voor te hou wanneer hulle verblyfkoste in luukse hotelle bekend moet maak.

Dr. Ena van Schalkwyk, DA-woordvoerder oor die staatsdiens en administrasie, het gister dié tipe optrede as bedrieglik bestempel.

Volgens haar lyk dit eerder asof die regering iets het om weg te steek.

Van Schalkwyk het gesê van die 11 parlementêre antwoorde wat die DA van ministers oor hotelkoste ontvang het, weier vyf om besonderhede weens “kommer oor veligheid” bekend te maak.

Dié vyf ministers is Lindiwe Sisulu (verdediging), Dipuo Peters (energiesake), Jeff Radebe (justisie), Mildred Oliphant (arbeid) en Richard Baloyi, voormalige minister vir die staatsdiens en administrasie. Baloyi is in verlede week se kabinetskommeling aangewys as die nuwe minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Van Schalkwyk het gesê in sommige gevalle het lede van die uitvoerende gesag, soos Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, bekend gemaak dat sy tussen 2009 en 2011 bykans R1,6 miljoen aan hotel­verblyf bestee het. Haar kantoor het egter later gesê sy oorweeg tugstappe teen senior amptenare omdat hulle haar, die parlement en die nasie mislei het deur verkeerde inligting aan die parlement te verskaf.

“Daar is geen manier dat die bekendmaking van die koste van of uitgawes aan luukse verblyf die veiligheid van ministers kan kompromitteer nie. Ons wil nie weet waar die ministers môre gaan bly nie, maar wat hulle in die verlede aan hotelverblyf bestee het.”

Van Schalkwyk het gesê die toenemende tendens van ministers om agter veiligheidsfasades te skuil, moet gestop word.

“Ministers wat weier om parlementêre vrae te beantwoord, skend hul plig om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te verseker.”

Sy gaan aan Max Sisulu, speaker van die parlement, skryf en hom versoek om ministers te verplig om vrae oor hul hoteluitgawes te beantwoord, het Van Schalkwyk bygevoeg.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Willem ek dink hy het gou die hoed omgestuur by die plekke waar hy so geredelik sy verbale diarree gaan uiter. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.