Vyf mans van Lesotho vas vir moord
2012-01-06 21:17
Johannesburg – Vyf mans is in Rustenburg in hegtenis geneem vir die moord op ‘n paartjie van Lesotho, het die polisie in Noordwes Vrydag gesê.
Die vyf, wat ook van Lesotho afkomstig is, het die paartjie glo op 12 Desember by ‘n huis in die Boitekong-woonbuurt in die dorp vermoor, het brig. Thulani Ngubane gesê.
Die 29-jarige man en sy 25-jarige vrou het kopwonde en wonde aan hul liggame gehad.
Die inhegtenisnames is Woensdag gemaak nadat een van die mans by sy werkplek opgespoor is.
Hy het die polisie na die ander vier geneem. Hulle is tussen die ouderdomme van 28 en 32.
Die man wat vermoor is en die vyf verdagtes was ook gesoek in verband met ‘n ander moordsaak in die omgewing.
Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA