Vyf in hof vir moord op KZN-paartjie
2012-01-13 20:16
Durban – Vyf mans, wat beskuldig word van die moord op ‘n paartjie van Tongaat, het Vrydag in die Verulam-landdroshof verskyn, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Hulle sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 31 Januarie, wanneer hulle na verwagting vir borgtog sal aansoek doen, het kol. Jay Naicker gesê.
Die mans het glo die sakeman Balaram Reddy (56) en sy vrou Maliga (52) in hul huis in Burbreeze, Tongaat, op 22 Desember doodgeskiet.
Hul 27-jarige seun Nivashin is in die rug geskiet en verskeie kere gesteek. Hy het die aanval oorleef.
Senzo Sello Nduli (26), Lucky Ernest Njoko (23), Sibusiso Mthimkhulu (28), Blessing Nduli (33) en Vusi Ngxumeshe (37) staar aanklagte van moord, poging tot moord en huisbraak in die gesig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA