Vyf in hof oor Henning-moord
2011-11-23 11:01
Pretoria – Vyf mans het Woensdag in verband met die moord op die 26-jarige Chanelle Henning in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Landdros Maryke de la Rey het die saak tot 29 November vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel.
Die geskorste speurder Gerhardus Petrus du Plessis (34) het saam met Andre Gouws, Willem Pieterse, Ambrose Monye en Preshan Singh in die hof verskyn.
Singh het die hof in kennis gestel dat sy regsverteenwoordiger verander het en dat Kineil Muthray hom nou verteenwoordig.
Du Plessis is deur Martin Botha, 'n regshulp-prokureur, verteenwoordig en Jacques Beetge het Gouws verteenwoordig.
Adv. Andre Swanepoel is Monye se regverteenwoordiger en Pieterse het 'n regshulp-verteenwoordiger.
– Volg Nuus24 op Twitter