Vyf drawwers ter ruste gelê
2011-10-30 14:15
Johannesburg – Die vyf drawwers wat verlede Saterdag dood is nadat ‘n man in hulle vasgery het, is tydens vier aparte begrafnisse ter ruste gelê, het die Sunday Times berig.
Moroese Mokoatsi, 34, Reneilwe Lesenyeho, 31, Given Mills, 30, Isaac Tlale, 37, en Nomvula Dumako, 35, is almal in die ongeluk dood.
‘n Sesde drawwer, Khanyiswa Stengile, was die enigste een wat die ongeluk oorleef het en het ‘n operasie ondergaan.
Dumako and Mokoatsi is tydens ‘n gesamentlike diens in Welkom in die Vrystaat begrawe.
Lesenyeho is in Pretoria ter ruste gelê en Mills en Tlale is in Limpopo in die Noordwes begrawe, het die koerant berig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA