Vyf drawwers sterf in gru-ongeluk
2011-10-22 09:16
Midrand – Vyf mense is dood en een is beseer toe 'n motor Saterdagoggend in 'n groep drawwers in Midrand, Gauteng, vasgejaag het, het nooddienste in Johannesburg gesê.
Volgens Nana Radebe, 'n woordvoerder, is vier vroue en 'n man dood voor paramedici op die toneel aangekom het.
Nog 'n vrou is na 'n nabygeleë hospitaal geneem ná sy kritieke beserings opgedoen het.
Die bestuurder van die voertuig is deur die metropolisie in hegtenis geneem, het sy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA