Vyf dood toe bakkie oor brug ry
2009-12-03 20:33
Johannesburg – Vyf mense is dood toe ‘n bakkie oor ‘n brug in ‘n rivier in gery het in Ga-rankuwa, noord van Pretoria, het die polisie gesê.
Dir. Govinsamy Mariemuthoo het gesê die bakkie met 10 insittendes, insluitend die bestuurder, het Woensdag van die Hebron-brug in Mopanistraat afgery ná vloede.
“Vyf het verdrink en vier is gehospitaliseer. Die bestuurder is veilig uit die voertuig gehaal,” het Mariemuthoo gesê.
Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.
- Sapa