Vyf beseer in N3-ongeluk
2010-09-07 15:13
Johannesburg – Vyf mense, insluitende twee polisiebeamptes, is Dinsdag in ‘n ongeluk op die N3 naby Pietermaritzburg beseer, het ER24 gesê.
Twee vragmotors en ‘n polisievoertuig was betrokke in die ongeluk wat naby die Lions River-afrit plaasgevind het, het ER24-woordvoerder Jeff Wicks gesê.
Een van die vragmotors het by ‘n wal afgegaan en ‘n polisievoertuig het in ‘n ander vragmotor vasgery.
Die bestuurder van een van die vragmotors is ernstig beseer.
‘n Vroulike polisieklerk en ‘n polisieman het nek- en rugbeserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Twee mense wat in aanhouding was agter in die polisievoertuig het geen beserings opgedoen nie.
Die oorsaak van die ongeluk was onbekend.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA