Vyf babas sterf by Pta-hospitaal
2011-06-24 13:40
Pretoria – Vyf babas wat vroeg gebore is, het vandeesweek hy die Jubilee-hospitaal in Hammanskraal in die noorde van Pretoria gesterf, berig The Star.
'n Bron by die hospitaal het aan die koerant gesê die vyf babas is dood omdat hulle nie in broeikaste gesit is om warm te bly nie.
Vier van die hospitaal se ses broeikaste is stukkend, terwyl die ander twee nie die hitte reguleer nie.
Twee babas is Maandag dood, twee is Dinsdag dood en die vyfde een is Woensdagoggend dood.
Dr. Sello Mokoena het sy medelye aan die families betuig.
Damaria Magaro, hoof van die hospitaal, het ontken dat die vyf kinders weens "swak bestuur" gesterf het.
Mokoena het gesê die sterftes word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA