Vyf amptenare vas vir 2010-bedrog
2010-05-17 14:21
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse polisie se gespesialiseerde misdaadeenheid, die Valke, het vyf munisipale amptenare vir beweerde bedrog in verband met Wêreldbeker-tenders in hegtenis geneem.
Ongerymdhede rondom 'n bedrag van R67 miljoen, wat betrekking het op nege toeskouer-sones (fan parks) wat gebou word, word ondersoek, met nog amptenare wat na verwagting vasgetrek sal word.
Die vyf voormalige amptenare sluit in die voormalige burgemeester en adjunk-burgemeester van die munisipaliteit van Stellenbosch.
Hulle is Vrydag in aanhouding geplaas ná ‘n sewe maande lange ondersoek.
Cyril Jooste, die burgemeester van Stellenbosch, het aan Cape Times gesê ‘n spesiale ondersoekeenheid (SOE) is besig om die kwessie op te volg.
"Die inhegtenisnames hou verband met die ondersoek. Ek kan ook bevestig dat die voormalige burgemeester, sy adjunk en drie amptenare deur die Valke in hegtenis geneem is."
"Ons verwag nóg inhegtenisnames. Die tender is sowat R67 miljoen werd. Ons werk hard saam met die polisie en die Valke,” het Jooste gesê.
- Sport24