Vuurwapens: ‘Dit is verwarrend, sinloos’

2011-01-07 10:00
Tweets Share Share line Print

Genl. Bheki Cele het gister in Pretoria nuwe aanpassings van vuurwapenwetgewing aangekondig. (Foto: Gerhard Pretorius)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - ’n Hofsaak dreig oor die regering se wysigings aan die Wysigingswet op Vuurwapenbeheer omdat dít “swak opgestel, verwarrend, sinloos en onverstaanbaar” is.

Martin Hood, prokureur van die Suid-Afrikaanse Vuurwapeneienaarsvereniging (Saga), het gister gesê die veranderings aan die wet skep byvoorbeeld “’n nuwe klas van misdadigers”.

Hy het gesê sowat 40 000 voorlaaier-rewolwers (’n soort swartkruit-rewolwer) “is daarbuite” en is nou uitgesluit van die definisie van voorlaaierwapens (waarvoor eienaars nie lisensies nodig het nie).

Eienaars het dus nou ’n lisensie nodig vir dié soort rewolwers. Van 10 Januarie is hulle dus onwettig in besit daarvan, sê Hood.

Genl. Bheki Cele, polisiehoof, het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria oor die wysigingswet gesê eienaars van voorlaaierwapens moet binne ’n jaar van 10 Januarie af by die naaste polisiekantoor aansoek doen om bevoegdheidsertifikate.

Die besit van ’n voorlaaierwapen sal wettig bly van die indiening tot die afhandeling van dié aansoeke, het hy gesê.

As eienaars nie aansoek doen nie, sal hulle tot 15 jaar tronkstraf kan kry.

Genl.maj. Philip Jacobs, regsondersteuningshoof van die polisie se misdaadoperasies, het gister gesê daar was geen regulasies oor voorlaaierwapens wat in- en uitgevoer is nie. Met die bevoegdheidsertifikate wil die polisie bepaal hoeveel van dié wapens in die land is.

Cele het gesê die geldigheidstydperke van lisensies en permitte is aangepas: Vir ondernemings in die jagbedryf is die geldigheid van lisensies van vyf tot tien jaar verleng; vir ander ondernemings (soos die veiligheidsbedryf) is dit van twee tot vyf jaar verleng.

Kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die kategorie vir ondernemings in die jagbedryf sluit nou wildboere in vir wie nie voorheen voorsiening gemaak is nie.

Hood het gister gesê Saga praat met ander organisasies in die vuurwapenbedryf oor ’n hofgeding teen die regering.

Hy het gesê die bedryf het die regering reeds in 2007 gewaarsku dat die wysigings geen sin het nie, meer probleme as oplossings gaan skep en ondeurdag afgerammel is.

“Hulle (die regering) het die waarskuwings geïgnoreer.”

Volgens Hood skep die wysigingswet “massiewe verwarring”.

Die uiteinde sal wees dat talle mense daardeur “gekriminaliseer” sal word.

Adriao het gesê versamelaars het hul kommer oor die wysigings vir swartkruit-rewolwers onder die polisie se aandag gebring.

“Dié kwessie kry aandag en ’n aankondiging sal daaroor gedoen word. Daar is geen plan om enigiemand onnodig te kriminaliseer nie.”

Peter Butland, uitvoerende komiteelid van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa), het gesê Phasa verwelkom “enige verbetering” in die geldigheidstydperk van lisensies omdat sy lede vuurwapens gebruik om hul beroep te beoefen.


Agterstand

Die polisie het ’n spesiale taakspan aangestel om die vuurwapenregistrasiekantoor se agterstand te takel. Die agterstand sien só daar uit:

  • 41% is bevoegdheidsaansoeke;
  • 26% is individuele lisensies;
  • 36% sakelisensie-aansoeke; en 
  • 51% van sakehernuwingsaansoeke gefinaliseer. 
  • Agt kolonels, 18 luitenant-kolonels en agt kapteins ekstra is na die vuurwapenregistrasiekantoor gestuur om die agterstand te takel.

- Beeld

Lees meer oor: vuurwapens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.