Vullisverwyderaars sal staak
2011-04-06 23:00
Johannesburg - Vullisverwyderaars in Johannesburg gaan Donderdag met 'n volskaalse staking begin weens 'n geskil met bestuur.
Die vullisbestuursagentskap, Pikitup, sê inwoners wie se vullis nie verwyder word nie, moet dit binne-in hulle erwe hou.
Groot dele van Johannesburg se vullis is die afgelope twee weke nie verwyder nie en kommer heers oor die gesondheidsgevare wat dit inhou.
Pikitup sê hy is vroeër die week in kennis gestel van die beplande staking, ná sloerstakings by sekere van sy depots.
Pikitup sê hy probeer alles in sy vermoë om 'n ooreenkoms te bereik met die munisipale vakbond, Samwu.
Die vakbond sê egter daar is groot korrupsie by Pikitup.
Volg Nuus24 op Twitter.