Vuiste klap in die kerk oor dominee

2010-10-24 09:18
Tweets Share Share line Print

Wellington - Tien polisievoertuie het verlede Sondag met skreeuende bande by ’n kerkdiens in Wellington opgedaag om die bykans 600 oproerige gemeentelede te kom kalmeer.

’n Vuisslanery het uitgebreek en dié wat daar was, sê taalgebruik wat jy nie verwag om in die kerk te hoor nie, is rondgeslinger.

Die oproer in die VGK Bergivier is begin toe ’n groep wat hulself die Beswaarde Lede van Bergrivier (BLB) noem, protes aangeteken het dat ds. James Mackay die preekstoel bestyg.

Mackay en sy vrou, Candice, het in Augustus “ná jare se sosiale, spirituele en emosionele verskille” besluit om “op goeie voet” te skei.

Die vermoede dat Mackay ’n buite-egtelike verhouding gehad het, was egter só sterk dat die VGK-ring van Bergrivier Mackay in sy amp gestuit het terwyl hulle die bewerings ondersoek.

Hulle kon geen gronde vir die BLB se beskuldigings vind nie en Mackay is verlede Sondag in sy amp herstel.

’n Persoon wie se kind volgende week voorgestel word en wat nie wil hê Mackay moet dié geleentheid behartig nie, het kort ná die aanvang van die diens opgespring toe ’n lid van die ring aankondig Mackay gaan preek.

Hy het by die preekstoel opgehardloop, die mikrofoon gegryp en geskree Mackay is ’n “leuenaar en bedrieër”.

Van die gemeentelede het toe opgestaan, die man van die mikrofoon weggepluk en hom begin aanrand.

Dit het gelei tot ’n woeste vuisgeveg en skellery tussen BLB-lede aan die een kant en Mackay se ondersteuners aan die ander kant.

Dis nie bekend wie die polisie gebel het nie.

Die voorval volg enkele weke nadat Mackay se ma aan ’n hartaanval gesterf het.

Mackay sê sy ma het by sy huis gekuier en die middag in trane uitgebars toe sy sien hoe die BLB op die kerkgronde braai.

“Sy het besef dat dit die mense is wat beswaar maak teen haar seun. Om 23:30 het ek my ma huis toe geneem. ’n Halfuur later het ek ’n oproep ontvang dat my ma nie lekker is nie.

“Ek het na haar huis gejaag en net toe ek daar kom, het sy haar laaste asem uitgeblaas.

“Ek is oortuig sy het gesterf van ’n gebroke hart. Sy kon nie meer die BLB se gedrag hanteer nie,” sê Mackay.

Die BLB het onlangs beswaar gemaak teen die nuwe motor wat Mackay aangeskaf het, wat ’n persoonlike nommerplaat het, en die Billabong-klere wat die dominee dra.

“Ek’s ’n moderne dominee. Ek trek aan soos die jeug, want ek wil met hulle identifiseer,” sê Mackay.

’n Lid van die BLB, Julius Williams, sê al wat hulle wou hê, is versoening voordat Mackay terugkeer.

Hy sê hulle het ’n mosie van wantroue in die kerkraad ingestel en eis dat die kerkraad onmiddellik ontbind word.

Williams erken dat Mackay se skeisaak gebruik is om die “vuil wasgoed” van die kerk “uit te kry”.

“Ek vrees dat Sondag (vandag) in ’n groter gemors as verlede week gaan ontaard, aangesien ons nie wil hê Mackay moet die jeug aanneem nie,” sê Williams.

Mackay sê in reaksie op die besware: “God het my ’n tweede kans gegun, hoekom kan die BLB dit nie ook doen nie?” 

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: wellington  |  kerke  |  baklei  |  dominee

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.