Vuiste klap glo toe stakende onnies ma's vat
2010-08-19 15:21
Parys, Vrystaat - 'n Groep stakende onderwysers van ander skole het vanoggend voor skool saam met kinders deur skoolhekke hier gebeur en met ouers slaags geraak. Vuiste het glo geklap.
"Tannie, ons was baie bang en het liedjies vir Liewe Jesus gesing sodat Hy ons kan kom help," het Laetitia van Zyl (8) met 'n rooigehuilde gesiggie voor die Laerskool H.F. Verwoerd in Parys vertel.
"Van my maatjies was baie banger as ek. Hulle het meer gehuil. Ons het harder as die slegte mense probeer sing, maar ons was baie bang," sê Laetitia.
Lees die volledige berig in Sarie.