Vrystaatse plaasaanvallers kry tronkstraf
2012-02-21 14:02
Johannesburg – Vyf mans is in die Bloemfonteinse hooggeregshof tronkstraf opgelê vir roof en ander misdade, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Ao. Zweli Mohoboleli sê die mans is skulding bevind aan roof, verkragting en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Thabo Adoons is tot 13 jaar tronkstraf gevonnis en Thapelo Machosi is vir 17 jaar tronk toe gestuur. Thabang Hendrick Seatile is tronkstraf van vyf jaar opgelê en Samuel Komohi is tot 20 jaar gevonnis. Sapa het geen melding van die vyfde beskuldigde gemaak nie.
Die mans het ‘n 68-jarige boer in Langenhovenpark, Bloemfontein, aangeval. Hulle het kruideniersware, toestelle en sy motor gesteel.
Die boer was ten tyde van die aanval saam met ‘n vrou. Komohi het dié vrou verkrag.
Geen verdere besonderhede is verskaf nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA