Vrystaatse ouma wreed verkrag

2010-11-11 08:17
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Sasolburg - Midde-in skok en ongeloof oor die wrede verkragtings van ’n Bloemfonteinse dokter én ’n gr.8-meisie by ’n Johannesburgse skool, is ’n 92-jarige vrou van Sasolburg in nóg ’n uiters skokkende voorval in haar huis verkrag.

Dié vrou is glo deur haar kleinseun se vriend (23) verkrag, het Fikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie op Sasolburg, Woensdag aan Volksblad bevestig.

Die slagoffer en haar kleinseun woon saam.

Matoti sê ouma en kleinseun het ’n reëling dat hy die veiligheidsdeur sluit wanneer hy die huis verlaat, maar dat hy die voordeur net op knip laat. Dan hoef hy haar nie wakker te klop met sy tuiskoms nie.

Volgens Matoti was die kleinseun en sy vriend verlede Vrydag by ’n partytjie elders in die woongebied Zamdela.

“In ’n stadium het hul sigarette opgeraak en die vriend het aangebied om sigarette by ’n nabygeleë winkel te gaan koop.

“Teen 01:00 het die vriend nog nie teruggekeer nie.

“Die kleinseun het besluit om huis toe te gaan.

“Hy het vermoed sy vriend het besluit om eerder maar te gaan slaap,” sê Matoti.

Met die kleinseun se tuiskoms was die voordeur gesluit.

Hy het geklop en sy ouma se hulpkrete uit die huis gehoor.

“Sy het geskree daar is iemand in die huis.”

Matoti sê die kleinseun het ’n weerkaatsing in die badkamer gesien en gehoor hoe ’n venster oopgaan.

Hy het sy vriend buite die badkamervenster betrap.

“Die vriend het weggehardloop en die kleinseun het hom agternagesit, maar kon hom nie vang nie.”

Die kleinseun het die veiligheidsdeur oopgebreek en sy ouma in ’n “verskriklike toestand” in haar slaapkamer aangetref.

’n Doktersondersoek het bevestig sy is verkrag.

Dit is nie duidelik hoe die verkragter in die huis ingekom het nie.

Die vriend is Dinsdag, ná ’n lang soektog, in hegtenis geneem.

Hy sal vanoggend in die landdroshof op Sasolburg verskyn.

Die bejaarde vrou en haar kleinseun se name word weerhou omdat sy as slagoffer van ’n seksuele misdaad nie geïdentifiseer mag word nie.

- Volksblad

Lees meer oor: verkragtings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.